Local NewsNews

Oud-Tommie Schalk Liebenberg sterf

Sy gedenkdiens vind plaas op Saterdag, 30 September om 10:00 vanuit die N.G. Kerk Eldoraigne, Henriweg, Eldoraigne.

POLOKWANE – Schalk is op 21 September oorlede.

Hy was die langslewende hoofseun van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en groet sy alma maters met groot waardigheid. Schalk sal vir altyd bekend staan as een van die grootste en mees beminde seuns wat Tom Naudé opgelewer het.

Schalk was vir drie jaar, in 1953, 1954 en 1955, hoofseun van Tom Naudé.

Hy was ook die eerste Tom Naudé-leerder wat voltyds aan ‘n universiteit studeer het. Hy gradueer aan Stellenbosch in siviele ingenierswese en neem ‘n leidende rol in in die uraanverrykingskorporasie, Pelindaba.

Later raak hy betrokke en ‘n kenner in kruisteling van aalwynspesies en sy passie vir kuns en skilderwerk word sy groot liefde en prag.

Skilderye van Schalk hang in vele geboue. Een pronk ook in Tom Naudé se personeelkamer as geskenk vir dié skool se 60ste verjaarsdagviering.

editor@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button