MunicipalNews

Vullisstorting in Mokopane ‘n seer oog

Die onwettige storting van vullis neem daagliks toe en hou 'n gevaar in vir die gemeenskap, diere en natuur - Yolande Coetzee, DA raadslid

MOKOPANE – Yolande Coetzee, DA raadslid, sê die DA wil die erns van die saak tuis bring by inwoners.

Dit is onwettig om op enige ander gebied, buiten die munisipale stortingsterrein, huishoudelike-, tuin- en bourommel te stort.

Coetzee sê: “Die laksheid kom alledaags voor. Vullis word onwettig in groot dromme in die dorp gestort en die inwoners doen nie die moeite om hulle rommel by die stortingsterrein te gaan aflaai nie”.

Die inwoners gooi ook hulle vullis in die groot geel vullishouers sê sy. Dié houers word gehuur deur besighede en meenthuiskomplekse waar die munisipalitiet se vullistrokke nie kan optel nie.

“Die munisipaliteit kan deesdae nie voor bly om die onwettige storting te bekamp nie.

Die hartseer van die saak is dat dit baie keer nie die inwoners van daardie area self is wat stort nie, maar inwoners wat spesiaal daarheen ry om hulle vullis daar te gaan stort.”

Die DA vra die gemeenskap se samewerking om die dorp te bewaar en wys daarop dat die onwettige storting van vullis ook ‘n gesondheidsrisiko is.

Vullis moet slegs uitgesit word op die dag wat wat dit deur die munisipale werkers verwyder word en nie voor die tyd nie.

As dit te lank voor die tyd in die straat gesit word, word die sakke oopgeskeur deur diere en rondlopers.

Indien jy nie weet waar die stortingsterrein is nie, of as u twyfel oor watter dae u vullis verwyder word, kontak hul gerus vir inligting.” Korny Dekker 082 878 1502 of Coetzee 079 273 7986

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button