Local NewsNews

Vroue praat oor hul rolmodelle

Review het met 'n paar vroue gepraat met die oog op Vrouemaand oor wie hul rolmodelle is en hoekom hulle juis dié mense as rolmodelle sien.

POLOKWANE – Elmara Wolmerans is ‘n laerskoolonderwyser met baie liefde vir kinders, daarby help sy ook graag met die netbalafrigting. Sy vertel dat as ‘n onderwyseres dit vir haar belangrik om saam met die leerders te wees wanneer hulle op die baan is of wanneer hulle op toer gaan.

Karen Muller werk vir ‘n plaaslike konsultasiemaatskappy wat welvaartbeleggings en finansiële beplanning doen. Sy het twee kinders en glo dat ‘n vrou nie net iemand is wat met raad help nie, maar ook ‘n rolmodel is in alles wat sy sê en doen.

Karen Muller.

Karen Muller vertel dat haar rolmodel haar ouma Rouline is aan haar ma se kant. “Sy is steeds my rolmodel al is sy reeds oorlede. Sy was die toonbeeld van grasie en ‘n regte dame. In die selfde asem was sy steeds onafhanklik en selfstandig,” vertel Muller.

Sy sê dat haar oume vining ook onafhanklik moes wees oor sy vroeg in haar huwelik geskei is en was net ‘n gewone huisvrou wat haarself moes opbou om ‘n profesionele lewe te kan hê.

“Sy het altyd net liefde uitgestraal en sy kon dinge in haar lewe balanseer soos min mense wat ek ken vandag kan. Dis eintlik wat my aan haar laat dink as ek praat van ‘n rolmodel. Ek sal ook graag soos sy eendag die balans wil hê wat sy gehad het want dis een van die belangrikste dinge wat mens in jou lewe kan hê.”

Estie Goveia bied Engels aan by ‘n plaaslike laerskool en sê sy glo taalonderrig help om nuwe areas vir kinders oop te maak. “‘n Taal soos Engels help kinders op alle gebiede en paaie van hul lewens. Dit is ‘n universele taal en sal hulle help op plekke wat hulle nog nie eens besef nie.”

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button