CrimeNews

Edwel keer booswigte aan

Edwel lede, bygestaan deur Ladanna-inwoners en ‘n sekerheidsmaatskappy het vroeg Woensdagoggend een van drie persone gevang na ‘n insident by ‘n huis in Hollandstraat.

POLOKWANE – Nagenoeg 10 voertuie het gereageer op die noodroep en die Edwelbestuur wil graag diegene bedank wat die koue nagtemperature getrotseer en bystand verleen het. Hulle het ook ‘n beroep gedoen op lede om te kom help as daar ‘n noodroep is en die organisasie te help met patrolering omdat dit net ‘n paar mense is wat gereeld opofferings maak.

“Selfs ‘n gestremde persoon in Hollandstraat het sy deel gedoen en in sy rolstoel in die pad gesit om sodoende alarm te maak sou hy die inbrekers gewaar,” vertel ‘n bestuurslid van Edwel. “Sy seun was uiteindelik verantwoordelik daarvoor dat een van die drie booswigte gevang is nadat hy hom agternagesit het in die bosse.”

Die bestuurslid meen dat dit onmoontlik is vir ‘n handjievol mense wat reageer om drie verdagtes aan te keer en te vang. “Wat gaan jy doen die dag wanneer daar ‘n noodroep by jou adres is, en die ouens daag nie op nie? Ons moet voorbereid wees dat misdaad verseker nie gaan verdwyn nie, en die enigste rede hoekom dit tot dusver so goed gegaan het in ons area, is omdat die getroue paar mense die ouens is wat almal moet veilig hou.” Die person sê as iemand ‘n lid wil wees van Edwel sal die persoon moet aktief betrokke raak . “Edwel is ‘n gee en neem organisasie.”

Edwel het Saterdagaand, voor ‘n geslaagde ‘bounty hunt'” vir lede, ‘n inbreker aangekeer in Marcusstraat

Edwel het die booswigte aan die polisie oorhandig om die saak op te volg.

“Die polisie se spoedige optrede word hoog op prys gestel en ons wil hulle graag hartlik bedank.”

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button