Local NewsNews

Pam Golding gee hoop vir vroue in nood

Pam Golding, wat die Pam Golding Groep begin het, het geglo dat daar teruggegee moet word aan die gemeenskap en jaarliks hou Pam Golding Polokwane 'n glansgeleentheid, Hats and Handbags.

POLOKWANE – Vra jy die kenners sal hulle jou vertel dat sonder hoop die lewe nie baie werd is nie.

Soveel mense, veral vroue, verloor hoop. Vroue en kinders wat verkrag of aangerand word en dan die polisie se krisessentrum opdaag, het dikwels niks, nie eers meer die klere aan hulle lyf nie, so ook vroue en kinders wat by die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging opeindig.

Pam Golding, wat die Pam Golding Groep begin het, het geglo dat daar teruggegee moet word aan die gemeenskap en jaarliks hou Pam Golding Polokwane ‘n glansgeleentheid, Hats and Handbags.

https://www.citizen.co.za/review-online/222758/fotos-pam-golding-polokwane-hats-handbags-fusion/

Tydens dié geleentheid samel hulle handsakke met benodighede vir vroue in nood in. Ook word rugsakke ingesamel met items vir kinders om hulle besig te hou en vir ‘n tydjie van hulle sorge te laat vergeet.

Linda de Witt, Konsessiehouer by Pam Golding Polokwane, vertel dat hulle vanjaar anders te werk gegaan het met die Hats en Handbags-geleentheid. “Ons het vroue wat ons funksie bygewoon het gevra om óf ‘n sak te bring, óf ‘n bedrag kontant te gee. Die geld het ons dan gebruik om sakke en inhoud vir die in nood te koop,” verduidelik sy.

Die sakke is op Donderdag, 17 Augustus aan die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging, die Polisie krisissentrum en ook aan die Tough Living with Cancer (TLC)-saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal oorhandig.

“Hierdie mammas by die TLC-saal kom van landelike gebiede en het dikwels niks by hulle wanneer hulle hoor hulle kind moet vir maande in die hospitaal bly om behandeling te ontvang nie. Dus het ons vanjaar jaar besluit om hulle by ons begunstigdelys te voeg.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button