NewsSchools

[KYK] ‘Eisteddfod help leerders hul potensiaal ontdek’

Die jaarlikse Skole-Eisteddfod het aan die begin van die week afgeskop met asemrowende opvoerings.

POLOKWANE – Die eisteddfod bied leerders die geleenheid om hul talent uit te leef en ook raad van bekendes soos Gisela de Villiers te ontvang oor hul opvoerings.

“Ek glo dat meer en meer mense moet begin besef hoe belangrik sang en musiek vir kinders is. Dit help kinders om te ontdek waarvan hulle hou en moontlike talente uit te leef,” verduidelik sy.

Gisela is welbekend in die musiekwêreld en het self al ‘n paar liedjies die lig laat sien. Sy is ook in Polokwane bekend vir haar radio stem en haar betrokkenheid by musiekontwikkeling in die stad. Sy was musiekonderwyseres en is tans in Gauteng woonagtig.

Gisela de Villiers wens Jannie Becker sy en sy gesin se optrede by die jaarlikse Eisteddfod.

“Ek kan nie wag om terug Gauteng toe te gaan en met die leerders van my ou stad te spog nie. Ek is regtig beïndruk om te sien hoe die kinders hul liedjies uitleef, dit is duidelik dat die onderwysers in die stad baie moeite doen met die leerders en hulle regtig help om hul liefde en talent ten volle uit te leef.”

Gisela de Villiers beoordeel twee van die eerste optredes by die jaarlikse Eisteddfod.

Sy raai ouers aan om hul kinders meer aan ‘n platform soos die eisteddfod bloot te stel sodat hulle selfvertroue kan ontwikkel en leer hoe om meer onafhanklik te wees terwyl hulle hul talent uitleef.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button