Local NewsNews

Jong miljoenêr gee raad

Daar is eintlik net drie stappe om sukses te bereik in enigiets wat jy doen.

MOKOPANE –  Dit is om die aksie te studeer, te bemeester en uit te voer.

Só gesels Albert van Wyk, ‘n 22-jarige selfgemaakte miljoenêr waar hy voor die leerders van Hoërskool Piet Potgieter staan. Albert (24) het pas ‘n boek die lig laat sien om jong mense te inspireer oor hoe om finansieel sterker en onafhanklik te wees.

Hoewel Van Wyk (24) met sy skouerlengte hare jou dalk onkant kan vang, moet ‘n mens hom nie onderskat nie want hy ken van hard werk. Sy boek genaamd How to become a Millionaire at 22 gaan juis daaroor om vir jong mense die regte gereedskap te gee oor hoe om finansieel gevestig en onafhanklik te wees. Van Wyk wat in Pretoria woon is ‘n gekwalifiseerde industriële ingenieur en ‘n voltydse entrepreneur.

“Niemand wil regtig ooit oor geld praat nie en meen dat hulle nie daaroor bekommerd is nie. Dit is glad nie waar nie. Geld is waarvan ons almal moet lewe en dit is belangrik om geld te verdien. Ek dink nie dat jy oor geld moet spog nie, maar om genoeg te hê om van lekker te lewe doen niemand skade aan nie,” sê hy.

Hy vertel sy pa se woorde “If you want to become a millionaire, you have to learn from a millionaire” inspireer hom. Hy meen elke jong mens het die potensiaal om groot hoogtes te bereik tensy hy/sy bereid is om hard daarvoor te werk.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button