Bosveld NewsNews

‘Botsing kon baie erger gewees het’

'n Bekende sakeman van die dorp het Woensdagoggend net voor agt 'n noue ontkoming gehad toe hy in 'n motorongeluk betrokke was.

MOKOPANE – Na bewering het die eienaar van ‘n skryfbehoefteswinkel, Asher Strauss, in sy stasiewa gery toe ‘n luikrugvoertuig voor hom ingedraai het by die kruising van Thabo Mbekirylaan en Geyserstraat.

Die bestuurder van die Volkswagen GTI wat die verkeersreëls verontagsaam het.

Volgens Strauss het die bestuurder van die luikrug uitgeswaai om ‘n ongeluk te vermy en op die sypaadjie tot stilstand gekom nadat dit ‘n lamppaal getref het.

Die linker voorwiel van die luikrug het losgekom en ‘n voertuig getref wat by ‘n nabygeleë besigheidsperseel uitgery het getref.

Die linker voorwiel van die luikrug het losgekom en ‘n ander voertuig getref wat uit ‘n besigheidsperseel gery het.

“Ek is dankbaar vir die bestuurder van die luikrug se flinke reaksie, dit het ernstige beserings voorkom. Die ongeluk kon soveel erger gewees het,” sê Strauss. Die nooddienste en verkeerspolisie was spoedig op die toneel.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button