Local NewsNews

Introvert blom as ‘n ekstrovert

“’n Mens kom op ‘n plek in jou lewe waar jy voel jy wil iets vir ander doen," vertel Janine Kruger

POLOKWANE –  Nuwe jaar voornemens is iets wat duisende mense jaarliks maak, maar gewoonlik nie daarby hou nie. Janine Kruger het vroeg in die jaar al besluit dat sy dié jaar terug wil gee aan haar gemeenskap en dit was haar dryfveer om in te skryf vir Mev. Polokwane 2018.

“’n Mens kom op ‘n plek in jou lewe waar jy voel jy wil iets vir ander doen. Dis maklik om finansieel betrokke te raak in die gemeenskap, ek het gevoel ek moet my tyd opoffer. Ek het ook na ‘n nuwe uitdaging gesoek en ek dink om deel te wees van Mev. Polokwane die perfekte manier is om terug te gee.”

Janine is gelukkig getroud met Wernich en hulle het  twee kinders.

“Ek wil eendag, as my kinders ouer is, vir hulle kan vertel van my ervaring as ‘n Mev. Polokwane finalis. Ek wil graag vir hulle ‘n voorbeeld en rolmodel wees, veral vir my dogtertjie.”

Sy vertel dat Wernich haar tenvolle ondersteun en dat hy vir haar gesê het, dat as dit is wat haar hart begeer, sy dit voluit moet doen.

“Ek het al so baie geleer in die kort tydjie as finalis. Ek is heeltemal buite my gemaksone as dit kom by funksies reël, ek is eintlik ‘n introvert. Dit is wonderlik om meer te leer oor al die verskillende organisasies in die stad. Ek leer dinge wat ek nooit van geweet het nie.”

Die organisasie wat Janine ondersteun is STOP Trafficking, sy vertel dat sy lank gedink het voor sy  op dié organisasie besluit het.

“Ek wou eers iets doen vir kleuters met gestremdhede, maar na ‘n lang gesprek met my skoonma wat poppe brei vir die STOP Trafficking organisasie en baie bid het ek besluit om hulle te ondersteun.”  Die funksies wat Janine reël ten bate van STOP Trafficking sluit in, Pietman Geldenhuys wat op 1 September by Africa Airport Lodge optree, ‘n dogter en mamma ballet piekniek en ‘n lootjie verkoping.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button