Local NewsNews
VIDEO: Lollos en Lettie kom kuier vir Polokwane-maatjies
Die jongspan het behoorlik gedans en gesing tydens die vertoning
Voer die Varkie Vet en Woep-Wap is twee nuwe liedjies, wat jong Lollos en Lettie-aanhangers, Sondag tydens die splinternuwe Lollos 9 Mallemeule vertoning geleer het.
Lollos en Lettie het in Polokwane kom kuier en die jongspan het behoorlik gedans en gesing. Na die opwindende vertoning, kon die kinders hul gunsteling Lollos en Lettie CD of DVD koop, asook heerlike Lollos lekkergoed.
Kyk uit vir jou foto in hierdie week se Review Weekend.