Bosveld NewsNews

15 jaar pligsgetrou op hul pos is Martin’s

Martin's Begrafnisonderneming vier vanjaar 15 jaar van uitmuntende diens op Mokopane.

MOKOPANE – Die besigheid is onder leiding van André de Lange en sy vrou Carin wat meen dat dit die Here se wil was om hierheen te beweeg. “In die begin het dit maar sukkel-sukkel gegaan maar ons het van krag-tot-krag gegroei,” sê André.

Hy vertel ook dat dit nege maande geneem het om die eerste diens te lewer. Hy lag wanneer hy vertel dat die inwoners hul nou aanvaar het. “Ek gee al die genade aan die Een daar bo,” sê hy. Hy het pas ‘n moeilike tyd deurgegaan met siekte en is steeds aan die veg vir goeie gesondheid.

Die pragtige ingang van Martin’s Begrafnisonderneming.

Die groep bestaan uit 165 konsessiehouers en ‘n toekenning vir derde plek met begrafnispolisse is in Maart aan die Mokopane tak toegeken waarop hulle baie trots is.

Die begrafnisonderneming lewer puik diens waar hulle kan in begrafnisse, verassings, voorafbetaalde begrafnisse, begrafnisversekering, repatriasies, balsemering en berading na en gedurende die dood van ‘n geliefde.

Die span bedank die gemeenskap vir hulle getroue ondersteuning, veral deur moeilike tye.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button