School sportSport

Koningin van die baan

Zenobea Jewaskiewitz het onlangs eerste plek behaal tydens 'n byeenkoms in Duitsland

POLOKWANE – Zenobea, ‘n leerder van Hoërskool Pietersburg, het onlangs in die 100- en 200- m vir vroue o/20 tydens ‘n byeenkoms in Duitsland die eerste plek behaal.

Die gr. 12 leerder van die skool is nie een wat terugstaan vir ‘n uitdaging nie en het beide haar skool en haar land se naam hooggehou.

Dié top 200 m-atleet van Prisma Jewas­kiewitz Atletiekklub se uitsonderlike prestasies is die afgelope seisoen iets wat nie gemis kon word nie en sy is uitgenooi om van 21 Junie tot 3 Julie aan die Schweinfurt Jeugkampioenskappe en Mann­heim Juniorkampioenskappe in Duitsland te gaan deelneem.

Zenobea Jewaskiewitz is geen vreemdeling wanneer dit kom by atletiek goud behaal nie.

Sedert laerskooldae het sy in atletiek uitgeblink waar sy die een wen na die ander ingepalm het. Zenobea vertel dat sy baie hard oefen voor sy aan ‘n byeenkoms deelneem.

Sy het reeds talle rekords gebreek van die begin van die atletiekseisoen die jaar en daarom is haar eerste plekke nie te veel van ‘n verassing nie maar Zenobea vertel sy bly altyd dankbaar.

Zenobea Jewaskiewitz.

Onlangse rekords wat sy gebreek het is die 100 m- en 200 m-rekords, wat vir 33 jaar gestaan het, by die Marius Lengton Gedenkbyeenkoms in 2016. Dié rekords het sy ook vanjaar verbeter. Sy is ook by verskeie ooreenkomste as die Victrix Ludorum-atleet aangewys.

Zenobea vertel dat sy binne seisoen elke dag oefen, beide op die baan en in die gimnasium, en wanneer sy hardloop is die enigste ding waaraan sy dink die wenstreep en dit hou haar gefokus.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button