Local NewsNews

Inbrake in motors by hospitaal neem toe

Dit volgens die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Sektor drie en vyf.

POLOKWANE – Daar was verskeie voorvalle waarin die GPF gekontak is nadat daar in motors ingebreek is tydens besoektye by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal.

“Daar is bedrywighede by die hospitaal waar ‘n mens in Hospitaalstraat parkeer met dié dat daar smouse is wat stalletjies het,” vertel Trevor van Niekerk, van dié sektors.

“Mense mag nie gebruik maak van die parkering binne die hospitaal se perseel nie en dus moet almal in Hospitaalstraat parkeer.”

Die Woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Derick Kganyago, sê die departement is bewus van die probleem.

“Die rede waaroor mense nie binne in die perseel mag stop nie, is vir sekuriteitsdoeleindes. Ons is bewus dat daar in voertuie ingebreek word en het ‘n veiligheidswag wat die area patroleer waar mense moet parkeer.

“Die departement is ook besig om aan ‘n plan te werk om ‘n meer permanente oplossing te kry.”

Van Niekerk raai mense aan om nie waardevolle besittings in hul voertuie te los nie en seker te maak hulle sluit wel hul voertuie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button