Local NewsNews

Mokopane DBV red hond uit gat

Die Boerboelkruising het volgens 'n inwoner die hele nag

MOKOPANE – ‘n Boerboelkruising is Woensdagoggend in ‘n mangaangat gevind nadat hy volgens ‘n inwoner van Kameeldoringpark die hele nag daar moes deurbring.
Volgens die inwoner (anoniem), was daar ‘n hewige geblaf vanaf 11:00 die vorige aand. Haar man het binne die erf gekyk wat die oorsaak is, maar niks gevind nie. Die oggend is daar vasgestel dat een van die buurt se honde in ‘n mangaangat op die hoek van Hooge- en Danie Theronstraat vasgekeer is.
Die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) is dadelik in kennis gestel wat die hond uit die gat gehelp het. Die hond en sy maat, ‘n boerboel wat naby wag gehou het, se eienaars is opgespoor.
Inwoners in die buurt sê hulle het vir ‘n lang tyd gekla oor die gevaarlike oop gat waaraan die munisipaliteit niks doen nie.Volgens Malesela Selokela, Woordvoerder van die Mogalakwena Munisipaliteit, sal daar aandag aan die saak gegee word.
lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

Related Articles

Back to top button