Local NewsNews

[LUISTER] Baba Mia se ma vertel hoe dit met haar gaan

Mia le Grange is op 26 weke te vroeg gebore en moes dringend oorgeplaas word na Mediclinic Limpopo

Volgens Amor Schoeman van Child Medi Organisation,  is daar reeds R173 000 ingesamel vir dié doel. R170 000 wat ons ingesamel het is alreeds oorbetaal aan Mediclinic Limpopo.

“Daar word steeds baie geld benodig vir verdere mediese onkostes om vir Mia te hulp.”


09:00

R100 000 ingesamel: Baba Mia benodig nog hulp

POLOKWANE – Op die vroeë ouderdom van slegs 26 weke het baba Mia le Grange op ‘n angswekkende manier met die wêreld kennis gemaak.

Haar ma, Christelle Swanepoel, het die oggend van 7 Mei wakker geword en nooit gedink dat haar water in die 26ste week van haar swangerskap gaan breek nie.

“Ek het na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal gegaan maar daar het hulle my gesê dat die hospitaal nie die fasiliteite het om na vroeggebore babas om te sien nie.

“Hulle het my per ambulans na Mankweng Hospitaal gestuur waar die diens en omstandighede haglik was,” onthou sy.

Hier het die personeel haar ingelig dat daar nie ‘n bed vir haar beskikbaar is nie en dat daar ook nie ‘n dokter is wie haar kan ondersoek nie.

Mia le Grange is op 26 weke gebore.

“Ek het hulle gesmeek om hulp maar hulle het my ‘n ‘drama queen’ genoem en my weggewys. Ek is vroeg op 8 Mei weer na die ontvangs toe om te weer om hulp te smeek.

“Hulle het my weereens gesê om weg te gaan en toe ek gaan sit, het ek gevoel hoe my baba kroon. Die personeel het toe vir my ‘n rolstoel gebring maar voordat ek kon sit is Mia gebore. Ek het haar self verlos. Hulle het Mia onmiddellik van my af weg geneem na die neonatale-eenheid sonder om vir my enige iets te sê.”

Swanepoel vertel dat Mia vir ‘n paar dae op ‘n suurstofmasjien was, maar dat die hospitaal personeel haar van dié masjien afgehaal het.

“Ek kan nie verstaan waarom hulle dit sou doen nie want op 26 weke is ‘n baba se longe nog nie ten volle ontwikkel nie. Ek kan haar nou net elke drie ure vir 30 minute sien om haar te voed.”

Wat Swanepoel se bekommernisse vererger is dat Mia se been gebreek is.

Haar been is kort na haar geboorte gebreek.

“Die dokters het na Mia se geboorte vir my gesê haar been is net uit lid uit en hulle het gips aangesit. Ek het hulle gevra om die gips te verwyder omdat Mia se voet baie blou geword het. Hulle kan nie plate van haar been neem nie want die masjien is ook buite werking. Die dokters wil op haar been opereer maar ek weier om magtiging te gee dat hulle aan haar sny.”

‘n Organisasie sonder winsbejag, Child Medi Organisation, het ingetree om Swanepoel en Mia te help met ‘n geldinsameling sodat Mia by die Mediclinic Limpopo gespesialiseerde neonatale eenheid opgeneem kan word.

Teen druktyd is daar reeds R100 000 ingesamel vir dié doel maar daar lê nog vele addisionele uitgawes vir Mia en haar ma voor en is hierdie slegs ‘n druppel in die emmer.

Lesers word gevra om ‘n bydrae te maak sodat Mia die nodige sorg kan ontvang.

Child Medi Organisation is ‘n geregistreerde organisasie sonder winsbejag (OSW) en belastingsertifikate is beskikbaar vir die wat dit mag benodig.

Woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Thabiso Teffo, het die aantuigings oor die hospitaal ontken en gesê alle pasiënte word eenders behandel.

“Ons wag nog vir ‘n kliniese analise van die aangeleentheid. Swanger vroue se gesondheid is van uiterse belang vir ons en ons doen als wat ons kan om hulle te help,” sê Teffo.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swift-kode: firnzajj.

Verwysing: Baba Mia.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button