Local sportSport

Pieties kookwater op die gholfbaan

Verskeie hoërskole van regoor Limpopo se gholfspanne gaan Vrydag 19 Mei aan die eindrondte van die Limpopo hoërskoleliga op Mokopane by die Kameeldoring Gholfklub meeding.

POLOKWANE – Verlede Vrydag het dié skole spanne in die voorlaaste rondte mekaar die stryd aangesê op die baan van Polokwane Gholfklub. Hierdie liga word in ‘n putjiespel-formaat beslis.

Polokwane se skole wat aan hierdie liga deelneem is, Hoërskool Pietersburg (PHS), HTS Tom Naudé en Curro Heuwelkruin.

Die ander deelnemende skole van dorpe in Limpopo is Hoërskole Ben Vorster en Hoërskool Merensky van Tzaneen, Hoërskool Warmbad van Bela-Bela en Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa.

PHS se A-, B- en C-spanne het ondermeer teen Ben Vorster en Merensky gespeel. Die A-span klop Ben Vorster met 3-1.

Die B-span wen Ben Vorster met 3-1 en klop Merensky met 4-0.

Die C-span seëvier oor Ben Vorster met 4-0, maar brand egter vas teen Merensky wat met 3-1 wen.

Tom Naudé neem aan die B-liga deel en ding mee teen Frans du Toit wat hierdie putjiespel met 3-1 wen. Curro Heuwelkruin neem ook in die B-liga deel waar hulle teen Warmbad te staan kom. Die Warmbad-span wen met 4-0.

Dehann van Biljon en Roean van Breda het HTS Tom Naudé se B-span tydens die voorlaaste rondte van die Limpopo hoërskole gholfliga verteenwoordig. Die ligarondte is op die baan van Polokwane Gholfklub gespeel.

roelof@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button