Bosveld NewsNews

Roedtan plaasaanval: 3 verdagtes vasgetrek

Die aanval het vroeg vanoggend plaasgevind.

‘n BOER en sy vrou van die Klipgat plaas op die Roedtan-Naboompad is vanoggend  (15 Mei) deur drie verdagtes in hulle huis oorval.

Bosveld joernalis was op die toneel en het verneem dat die drie verdagtes toegang tot Sam en Meisie Liversage se huis verkry het deur ‘n venster by ‘n rondawel wat aan die huis grens.

Die venster waardeur die aanvallers geklim het.

Sam het wakker geword van ‘n geluid buite en gaan ondersoek instel, een van die verdagte het hom in die bors geskiet.

Die huishulp, Elizabeth wie se kamer ‘n paar meter van die hoofhuis af is het die skoot gehoor.

Sy het deur die venster gekyk en die verdagtes buite gesien en die polisie gebel.  Elizabeth vertel: “Ek het na die buurman toe gehardloop om hulp te kry.”

Vossie Vosloo (Heritage Protection Group) gee ‘n opdrag aan die spoorsnyers.

Een van die verdagtes het haar agterna gesit en gevang.  Sy het die verdagte met vuiste bygekom en gevlug.

Heritage Protection Group wat op die toneel was het die spore van die verdagtes gevolg.

Sam is na die Limpopo Mediclinic in Polokwane geneem en hy is stabiel, Meisie het nie besering opgedoen nie.

‘n Sterk teenwoordigheid van polisie en boere van die omgewing was op die toneel.

Volgens Polisiewoordvoerder Lt. Kol. Moatshe Ngoepe is die drie verdagtes vasgetrek en hulle verskyn binnekort in die Modimolle Magistraatshof.

redakteur.bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button