Local NewsNews

Onnie sterf ‘te vroeg’

William Gadney (52) was vanaf 2005 tot 2016 aan Laerskool Pietersburg-Oos verbonde, waar hy as sporthoof gedien het.

POLOKWANE – William Gadney het altyd die snaaksste grappe vertel wat jou dag in ‘n oogwink kon verander. Hy het jou altyd beleefd gegroet. Sy geesdrif was aansteeklik.
So lui van die woorde wat van sy vriende Woensdag gebruik het om dié gewilde onderwyser te beskryf, na hy Dinsdag oorlede is. Gadney (52) was vanaf 2005 tot 2016 aan Laerskool Pietersburg-Oos verbonde, waar hy as sporthoof gedien het.
Menige ouer besing sy lof as mensemens, as ‘n geliefde onderwyser en afrigter. Gadney was Dinsdag op sy pos by Laerskool Pietersburg (PLS) waar hy onlangs aangestel is.
Nadat personeel gemerk het dat hy nie lekker gevoel het nie, het hulle hom na ‘n privaat hospitaal geneem waar hy, volgens ‘n bron, in die intensiewesorgeenheid opgeneem was en later aan komplikasies oorlede is.
PLS Skoolhoof, Peet Bredenkamp, het gesê hulle het groot verwagtinge vir die bekwame onderwyser asook groot waardering vir sy werk op die sportveld gehad, “sy dood is beslis ‘n verlies vir ons almal”.
In sy jare by Oosskool het Gadney diep spore getrap, veral in die lewens van jong rugbyspelers.
Oud-Osie, Wian Kruger van PHS, meen Gadney was “een van die beste mense wat ek al ontmoet het. Sy grappies sal my vir altyd bybly.”
By Oosskool het die personeel en leerders hul meegevoel betuig.

Gadney word veras en ‘n gedenkdiens word Maandag 11:00 vanuit die N.G. Kerk-Noord gehou.

Lees die vol berig in Review Weekend
maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button