Local NewsNewsUpdate

Wiers-moord: ‘tuinier was nie lekker nie’ vertel buurman

Guido de Marre vertel dat dinge nie vir hom lekker sin maak nie.

POLOKWANE – Dit is in die omgewing van 19:00, Dinsdag, 7 Februarie en Guido de Marre se tuinier is pas gearresteer vir die moord op sy buurvrou, Tanya Wiers.

Guido vertel dat dinge nie vir hom lekker sin maak nie.

“Ek het ‘n besigheid in Ladine en het Desember vir een van my werkers gevra om na ons huis in Eduanpark te kyk. Dié werker het sonder ons medewete met my dogter se motor rondgery en hom nie terugbesorg nie. Ons het ‘n saak van diefstal oopgemaak.

“My tuinier, Frans Maela, het my na die werker se huis geneem, maar die motor was nie daar nie. Later het Frans wel die motor self na my toe terug gebring. Van die Vrydag voor die moord het Frans verbouereerd voorgekom. Hy was eenvoudig nie homself nie.”

Hy vertel dat sy dogter die Maandag voor die moord by die huis was en agtergekom het dat daar fout is met Frans.

In daardie middagete het Frans vir Guido gesê dat die ander man vir hom wat Frans is intimideer en dreig met die dood.

“Hy het my gevra om die polisie te kry om ‘n verklaring af te kom lê. Ek het die polisie geskakel. Toe die polisie my teen Dinsdag kontak en vra om huis toe te kom, het ek eers gedink dat dit is omdat ek hulle gekontak het. My helpers loop gewoonlik eers teen 16:00, maar dié dag het hulle reeds 15:00 geloop. Ek kon sien daar is iets fout met Frans. Ek het aangehou vir die polise sê dat iets fout is. Die polisie het hom ondervra, maar eers later, nadat Tanya se items in sy badkamer gekry is, is hy gearresteer.”

Hy vertel dat hy tog verantwoordelik voel.

“Ek sê nie Frans is skuldig nie, maar as ek dit of dat gedoen het, of ás dit of dat nie gebeur het nie, sou Tanya nog geleef het. Ons as gesin het vir berading gegaan, maar ons voel nie onveilig nie. My dogter het gesê dat dit net so wel sy kon wees en ons almal dink dat dit met enige een van ons kon gebeur. Ek sou dit nooit van Frans verwag nie. Nie die wreedheid wat daar betrokke was nie. Volgens my werkers het hulle, Frans ook, dikwels met Tanya gesels het. Ek sal graag met Frans wil praat. Ek dink hy sal vir my vertel wat regtig gebeur het. Hy het baie lank vir ons familie gewerk.”

• Maela moet weer op 26 Mei, saam met Alfred Hlangwane, die Wiers se tuinier wat as medepligtige aangekla is, in die hof verskyn.

Lees meer:
Wiers case postponed again

Wiers murder: judgement for bail on Friday

“Ons moet saam staan as vrouens en as ma’s”

Wiers-tuinier dalk ‘n medepligtige

Wiers murder: ‘She would only open for someone she knew’

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button