Bosveld NewsLocal sportNewsSport

Nuwe rekord op skoonveld

Dries Coetzee het die baanrekord opgestel tydens die Autozone Sundowner IPS kompetisie met 'n telling van 26 houe.

MOKOPANE – ‘n Nuwe baanrekord is verlede Woensdag deur ‘n plaaslike gholfspeler opgestel tydens ‘n maandelikse kompetisie wat by die Legends Golf en Safari Resort Gholfbaan gehou is.

Dries Coetzee het die baanrekord opgestel tydens die Autozone Sundowner IPS kompetisie op die Legends Tribute gholfbaan met ‘n telling van 26 houe (baansyfer is 30). Hy verower 31 punte wat vier voëltjies insluit en geen houe wat aan die baansyfer afgestaan is nie. Hierdie kompetisie word elke einde van die maand gehou.

Coetzee speel al vir byna drie jaar op die einste baan gholf en geniet dit terdeë. Hy vertel hy was in sy noppies en verheug oor die baanrekord. “Ek sal nooit hier ophou gholf speel nie. Dit is maklik een van die lekkerste bane wat daar is”.

Coetzee het met ‘n kontantbewys, ‘n naweekwegbreek by ‘n vakansieoord vir vier persone en met ‘n bottel wyn weggestap. Die Tribute-baan is ontwerp om in twee ure te voltooi en is gemodileer volgens die beste Par-drie gate in die wêreld wat uit 10 gate bestaan.

Vir enige inligting oor die maandelikse kompetisie kan Mauritz Hansen ( Organiseerder) by 082 566 7460 gekontak word.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button