AdvertorialBosveld NewsBusinessNews

TAN slaghuis vier hul 25ste bestaansjaar

TAN Slaghuis is Mokopane se oudste en bekendste slaghuis.

MOKOPANE – Eienaars Renier en Wilma van Vuuren wat ook die bekende Nyl Minimark bedryf, deel die pad wat hulle gestap het in die vleisbedryf.

Eienaars Renier en Wilma van Vuuren.

Renier sê hy het reeds as ‘n jongman hand bygesit in sy pa se slaghuis. Dit was in die einste Van Vuuren Slaghuis, waar hy opleiding as ‘n blokman in 1981 gekry het.

Die lojale werknemers van die slaghuis saam met Renier van Vuuren is Ulrich Jantzen, Granny Madiba, Mary Marindi, Ivan Marufu, Anna Langa, Christina Matlola, Linda Kgafela, Frikkie van Vuuren en Wickus Visser.

Hy was saam sy ma en pa, Marie en Frikkie, in die familie besigheid werksaam tot 1990. In 1992 het hy sy eie onderneming, TAN slaghuis oopgemaak, vernoem na die destydse nommerplate van Mokopane.

Renier se seun, Frikkie, het in 2009 by TAN Slaghuis aangesluit wat beteken dat hy deel van die familie vorm as derde geslag wat ook in die vleisbedryf belangstel.

Schalk Bruwer, een van die talle getroue kliënte saam met eienaar, Renier van Vuuren.

Die slaghuis het in 2013 uitgebrei en Nyl Minimark is die nuutste toevoeging. In die winkel word nie net heerlike gebak, lekkernye en kruideniersware verkoop nie, maar ook van TAN slaghuis se top gehalte vleis wat insluit boerewors, hoender, kouevleise en heerlike biltong.

Frikkie van Vuuren, aan die biltong kerf. Hy is ‘n blokman in sy pa se slaghuis.

Die slaghuis is veral bekend vir sy lekker boerewors wat oor die jare ‘n wenner gebly het. Die resep was al ‘n wenner in verskeie kompetisies soos die Radio Jakaranda Boerewors Kompetisie en Checkers se Kampioenboereworskompetisie waar dit as ‘n streekswenner gekroon is.

Renier sê die slaghuis se beesvleis is van top gehalte en daar word gepoog om super gehaltevleis aan kliënte te bied met ‘n twee of drie vet gehalte. Daar is ‘n groot verskeidenheid van skaap, bees, vark en hoender om van te kies. Die beesvleis word vanaf ons eie kontrei verskaf en varkvleis vanaf EasPork.

Renier van Vuuren in die koelkamers van TAN Slaghuis.

Die slaghuis poog ook om hormoonvrye vleis te verseker. Probeer gerus die hoenderprodukte wat deur Spif Chicken verskaf word, veral die beroemde ‘Buffalo Wings’ wat ‘n top verkoper is. Daar word ook elke dag die lekkerste vars pap en vleis verkoop.

Die Van Vuurens nooi almal uit om hulle vleis by TAN Slaghuise koop want hier maak gehalte beslis nog saak.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button