Bosveld NewsLocal sportNewsSport

Wentrofee wink vir eerstespan

Die eerstespan van Potties Rugbyklub is deur na die eindstryd van die Assupol Liga.

MOKOPANE – Die eerstespan van Potties Rugbyklub is deur na die eindstryd van die Assupol Liga nadat hulle verlede Saterdag op hulle tuisveld met Lonmin se span afgereken het.

Met ‘n welverdiende oorwinning van 73-5 beklink hulle die plek in die finale ligawedstryd teen die Northam Rhinos.

Potties het van meet af die krane teen Lonmin oopgedraai en elf drieë gedruk. Die spelers wat agter die pale oorgeduik het, is Willem Dreyer (1), Deon Klein (1), Phillip Fuls (2), Colin Steyn (1), Hans du Plessis (2), Juan Nel (1), Klaas Maloba (2) en Anthony Hawken (1). Jan Vorster skop agt doelskoppe oor wat ‘n goeie wen verseker. Philip Fuls is aangewys as die speler van die wedstryd.

Die spelers sien nou uit na die eindstryd. Potties en Northam het verlede jaar in ‘n titaniese eindstryd kragte gemeet met Potties wat amper al hulle punte eers in die tweede helfte aangeteken het, en toe as die Limpopo-klubkampioen weggestap het.

Die finale word Saterdag op Loftus Versfeld gespeel en begin om 15:00.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button