Local NewsNews

Plaasaanval naby Percy Fyfe, Boer en kleinseun gewond

Volgens verskeie sosialemediaplatforms was daar 'n plaasaanval vanmiddag.

POLOKWANE – ‘n Boer en sy kleinseun van die Ysterbergomgewing is ernstig beseer nadat hulle na bewering deur sewe swaar gewapende mans helder oordag aangeval is.

Albert Kuhn, ‘n buurman van Boepie Muller, sê hy het verlede Donderdag om 13:00 ‘n oproep gekry van Muller dat hy en sy kleinseun, Jaco Muller (40), aangeval en beseer is op hulle plaas. Die plaas is op die Geyserpad geleë.

Kuhn sê die Mullers het ‘n motoronderdelewerkswinkel op die plaas.

Na bewering het Jaco die betrokke dag saam met die verdagtes na hulle voertuig teruggestap om onderdele op te laai wat die mans ingebring het vir herstelwerk. Die verdagtes het hom toe glo daar aangeval en vuurwapens uit die voertuig gehaal waarna hulle hom in die huis in gedwing het. Boepie is ook in die huis aangeval en beseer.

Die Mullers se veewagter het by die huis opgedaag en twee skote is gevuur, waarna die verdagtes op vlug geslaan het in ‘n blou Corsa bakkie. Jaco is ernstig beseer en sy neus en kakebeen is ondermeer gebreek.

Sy arm is ook gebreek en hy is steeds in die hospitaal.

Boepie is reeds ontslaan, maar sy oë was so toegeswel dat die dokters nie kon sien of daar ernstige skade is nie, sê Kuhn.

Provinsiale Polisiewoordvoerder, lt. kol. Moatshe Ngoepe het die voorval bevestig. Niemand is al in hegtenis geneem nie en enigeen wat inligting het oor die voorval kan Ngoepe by 082 414 2088 kontak.


POLOKWANE – Drie mense is beseer nadat hulle deur gewapende mans op hul plaas naby Percy Fyfe met messe aangeval is.

Volgens ooggetuies het die verdagtes in ‘n ligblou Chevrolet Corsa bakkie gevlug.

Alhoewel die inwoners ernstig beseer is, is niemand dood in die aanval nie. Hulle het wel verskeie goedere gebuit.

Die verdagtes het vermoedelik in die rigting van Mokopane of Mashashane gevlug.

Polisie, GPF en noodpersoneel was na die toneel ontbied.

Enige iemand met inligting word versoek om dit by hulle naaste polisiestasie aan te meld.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button