Bosveld NewsLocal sportNewsSport

Hulle troef Midmar

Die span van Hoërskool Piet Potgieter (HPP), Franco Botha, Mornè van der Bank en Ruben Glover, het 11de geeïndig.

MOKPANE- ‘N groep begeesterde swemmers van Mokopane neem elke jaar aan die grootste oopwaterswembyeenkoms in die wêreld deel wanneer hulle die Midmarmyl aandurf.

Awie Hattingh, afrigter van die Tuks Mokopane Swemklub, en sy gesin was verlede maand daar om saam met die ander swemmers van die dorp die 44ste aQuaellé Midmarmyl te troef.

Awie vertel die swemmery word in die Midmardam in Howick, net buite Pietermaritzburg gehou.

Die dam behels ‘n gewilde oord vir bootry, waterski, visvang en piekniek hou.

Die gewilde byeenkoms lok elke jaar duisende deelnemers en om die groot aantal swemmers te hanteer, word hulle in vyf groepe opgedeel met tussenposes van drie minute tydens wegspring. Daar is agt verskillende kompetisies waaraan deelgeneem kan word in die twee dae.

Mense van alle ouderdomme neem deel en fondse wat gegenereer word, word aangewend vir die ondersteuning van swem as sport en ook verskeie liefdadigheidsorganisasies en inisiatiewe ter voorkoming van verdrinking, soos die ‘Pietermaritzburg Seals’ en ‘Princess Charlene Foundation’.

Bekende swemmers wat hier al lywe nat gemaak het, sluit in die Olimpiese swemkampioene Ferry Weertman (Nederland) en Ashley Twichell (US) wat die aQuellé Midmarmyl in 2013 en 2014 gewen het.

Awie sê Mokopane se swemmers het nie teleurgestel nie en goeie prestasies is vanjaar behaal:
Individuele uitslae:
Awie Hattingh: 15de uit 320 deelnemers in die 41-50 jaar afdeling.
Rozelle Hattingh: 41ste van 377 deelnemers in die 14-30 jaar ouderdomsgroep.
Danelle Hattingh: 70ste van 377 deelnemers in die 14-30 jaar ouderdomsgroep.
Immere Botha: 65ste van 324 deelnemers in die 13 jaar en jonger afdeling.
Jacobus Botha: 76ste van 315 deelnemers in die 13 jaar en jonger afdeling.
Franco Botha: 37ste van 971 deelnemers in die 14-30 jaar ouderdomsgroep.
Morné van der Bank: 60ste uit 971 deelnemers in die 14-30 jaar ouderdomsgroep.
Ruben Glover: tiende uit 315 deelnemers in die 13 jaar en jonger ouderdomsgroep.

Awie en sy twee dogters, Rozelle en Danelle, het vierde geeïndig in die ‘familie-span’.

Dit was Rozelle en Danelle Hattingh se tiende jaar wat hulle die Midmar geswem het, Mornè van der Bank se negende keer, Franco Botha en Ruben Glover se derde jaar en Immere en Jacobus Botha se eerste probeerslag.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button