Bosveld NewsLocal NewsNews

Lyk in gebrande huis gevind

‘n Geliefde polisieman se lyk is gisteraand in sy afgebrande huis op ‘n hoewe in Zebediela gevind.

Nico du Plessis, ook in die gemeenskap bekend as Doepie, se liggaam is in die afgebrande huis waar hy en sy vriendin gewoon het aangetref.

Die oorsaak van sy dood en die brand word nog deur forensiese kenners van Polokwane ondersoek.

Polisie het ‘n vrou in hegtenis geneem vir ondervraging en ondersoeke duur voort.

Zebediela Polisie Mediawoordvoerder, konst. Alice Althani, kon nog nie enige verdere inligting aan Bosveld beskikbaar maak nie maar het onderneem om meer oor die insident in ‘n mediaverklaring uit te brei sodra die nodige prosesse voltooi is.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button