NewsSchool sportSchoolsSport

[FOTO’S] Nat Bosveld Interhoër sorg vir aksie, pret

Trofeëwenners is as volg:

MOKOPANE – Die sweet het getap en die water het gespat, maar die nat baan en veld van Hoërskool Frikkie Meyer het nie die atlete afgesit om hulle beste te lewer tydens  die 54ste Bosveld Interhoër nie.

Terwyl die reën geval het, het die atlete mekaar Saterdag by die Frikkies op Thabazimbi goed opgekeil om ‘n plek op die podium te kry.  Die Frikkies het aan die einde van die dag koning gekraai met Hoërskool  Piet Potgieter as naaswenner. HPP se aflosse was uitstekend so ook die junior mesies, maar die Frikkies se seniors het die krane behoorlik oopgedraai wat verseker het dat hulle aan die einde van die dag kon seëvier.

Trofeë is as volg gewen:

Interhoër wenner van die NTK wisseltrofee: Hoërskool Frikkie Meyer met 675 punte, Piet Pot as naaswenner met 577 punte en Ellisras was derde met 341 punte.

Interhoër Sang: Grootegeluk Steenkoolmyn wisseltrofee gaan aan Hoërskool Frikkie Meyer.
Beste baanatleet: Thimiswa Nemavhola, Van Hoërskool Frikkie Meyer in 110 hekkies met ‘n tyd van  14.6 sekondes, (925 ABSA punte).

Beste veldatleet:  Devoux Deysel van Frikkie Meyer in spiesgooi met ‘n afstand van 63.43 m (1016 ABSA punte).
Beste atleet van die dag: Perskor wisseltrofee word gewen deur Daniel Letsebe van Nylstroom.
Dogters aflosse: Sanlam wisseltrofee word gewen deur Piet Potgieter
Seuns aflosse:  Federated Timbers wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Piet Potgieter.
Junior meisies: Nylstroom Afrikaanse Sakekamer wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Piet Potgieter met 122 punte
Junior seuns:  Potgietersrus Afrikaanse Sakekamer wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Frikkie Meyer met 121 punte.

Senior meisies: ABSA Bank wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Frikkie Meyer met 184 punte.
Senior seuns: Eerste Nasionale Bank wisseltrofee word gwen deur Hoërskool Frikkie Meyer met 253 punte.
Beste meisiespan: Warmbad Stadsraad wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Frikkie Meyer met 301 punte.
Beste seunspan: Potgietersrus Stadsraad wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Frikkie Meyer met 374 punte
Prestasietrofee: Naboomspruit Stadsraad Burgemeester wisseltrofee word gewen deur Hoërskool Frikkie Meyer.

Sien vandeesweek Bosveld Review vir nog foto’s en berigte.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button