Local NewsNews

Plase onder loep

"Dit is belangrik om 'n veilige omgewing vir die boere en plaaswerkers te skep"

‘N massapatrollie was Dinsdagaand deur sowat 35 boere en die polisie in die Crecy-, Roetan-Suid en Nylgebied uitgevoer na die talle aanvalle en moorde op plase sedert die begin van die jaar.

Johan de Beer, Veiligheidshoof van die Potgietersrus Distrikslandbou-unie (DLU), sê daar is van 00:00 tot 04:00 patrollie gery in ‘n 75 km radius.

Die patrollie is gehou na die onlangse moorde in Balfour en Dullstroom, asook die kabeldiefstalle in die Crecy-omgewing. Die statistieke wat AfrifForum en die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) uitgereik het, wek ook tans groot kommer oor die boere, hulle gesinne en plaaswerkers se veiligheid.

“Hoewel die gebiede gisteraand redelik stil was, was daar ‘n voorval waar twee plaaswerkers aangeval en van hulle selfone, klere en kontant beroof is. Een van die werkers is met ‘n mes gesteek.”

De Beer sê die boere doen gereelde patrollies in samewerking met die polisie en daar word gelet na ongewenste bewegings.

Dit is belangrik om ‘n veilige omgewing vir die boere en plaaswerkers te skep. Hy vra die boeregemeenskap om hulle paraat- en veiligheid drasties op te skerp.

Die TLU SA sê in die nuutste statistieke wat Dinsdag uitgereik is, daar was van die begin van die jaar tot en met 21 Februarie reeds 56 aanvalle en 18 moorde. In Februarie alleen is daar reeds 30 aanvalle en 14 moorde aangeteken.

Luidens syfers wat deur AfriForum en die TLU SA uitgereik is, is daar tot en met 30 November verlede jaar 64 plaasmoorde in die land gepleeg.

Genl. Chris van Zyl, Assistenthoof-bestuurder van TLU SA, het egter daarop gewys dat daar ook sowat een plaasmoord per dag in Desember gepleeg is en dat die totale plaasmoordsyfer vir 2016 die hoogste van die afgelope sewe jaar was.

Boere van die omgewing wat wil inskakel by georganiseerde landbou kan De Beer by 072 776 2081 skakel.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button