Local sportSport

Ruiter ruil rooigrond vir sand

Die talentvolle perderuiter, Ralien de Beer, gaan vandeesweek haar slag in die woestyn wys op die rug van haar gewese perd, Arkab Talafat.

MOKOPANE – Ralien (18), kaptein van die Suid-Afrikaanse Jongruiterspan en leerder van Hoërskool Piet Potgieter, gaan Saterdag in Abu Dhabi aan The President of the United-Arab-Emigrates Cup reeks deelneem teen ander wêreldklas ruiters.

Sy vertel opgewonde dat tussen 220 en 250 van die wêreld se top ruiters aan die uithourit gaan deelneem. Die groot eer het haar te beurt geval nadat sy verlede jaar haar geliefde voshaarperd, Arkab Talafat, aan Al Maghaweer Stables verkoop het.

Ralien de Beer en Arkab Talafat. Foto's: Verskaf
Ralien de Beer en Arkab Talafat. Foto’s: Verskaf

Ralien sê Arkab Talafat het toe reeds sowat 2 150 km voltooi waaronder vier SAIC uithouritte was. Saam het hulle die Nasionale Juniorspan ses keer sonder teleurstelling verteenwoordig.

Ralien was verlede jaar die jongste ruiter eerste oor die wenstreep in die 120 km uithourit op die rug van Arkab Talafat tydens die jaarlikse South African International Challenge op Fauresmith. Haar tyd van vyf uur en agt minute was die vinnigste wat al ooit gery is en ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord.

Die rit was ‘n spankompetisie waar sy as kaptein leiding geneem het teen die spanne van Namibië, Botswana en ander provinsies. ArkabTalafat is aangewys as die beste 120 km perd.

Ralien sê na sowat ses maande in sy nuwe tuiste in Abu Dhabi is Arkab Talafat gereed vir ‘n uithourit. Sy en haar pa het gister vertrek en gaan nou die hitte trotseer op die rug van haar ou bondgenoot.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button