Local NewsNews

Maretha se ‘magical’ makeover

"Mense erken my skaars, my kollegas veral was stomgeslaan toe hulle my vir die eerste keer gesien het."

POLOKWANE – Onder die bekwame hande van Surika Haarsalon se personeel is Maretha Swanepoel in ‘n sprokiesprinses omskep tydens ‘n spesiale makeover-mooimaaksessie.

Maretha Swanepoel maak gereed om lekker bederf te word deur Surika Viljoen en Nichola Kotze van Surika Haarsalon.
Maretha Swanepoel maak gereed om lekker bederf te word deur Surika Viljoen en Nichola Kotze van Surika Haarsalon.

Die eienaar van die salon, Surika Viljoen, het haar salondeure in 2012 oopgemaak nadat sy haar skoonheidsdiploma aan die Serwalo Hair Academy voltooi het.

“Ek was nog altyd ‘n baie kreatiewe mens en dit was vir my moeilik om aan te pas, veral in my skooldae. Die onderwysers het gereeld met my geraas omdat ek grimering gedra het en my hare gereeld gekleur het. Dit was vir my uiters frustrerend om agter ‘n boek te sit. My ma het my op 15-jarige ouderdom uit die skool gehaal waarna ek ‘n skoonheidsdiploma vir haarsny en -sorg by die Serwalo Hair Academy geswot het. Ek het my kursus twee jaar later voltooi en my salon, waarop ek baie trots is, geopen,” vertel Surika.

Surika Haarsalon is ‘n “een-stop skoonheidsterapie pitstop”, waar jy al jou skoonheidsbenodighede kan aanvul. Hulle doen haarstilering, manikure, pedicure en grimering. Hulle bied ook ‘n verskeidenheid masseringspakkette aan asook waks-sessies en permanente grimering opsies. Die salon is uniseks en kindervriendelik.

Nichola Kotze, ‘n gekwalifiseerde skoonheidsterapeut wie onlangs by Surika Haarsalon aangesluit het, is verantwoordelik vir naels, masserings, gesigbehandelings en waks-sessies. Sy doen ook grimering saam met Surika.

“My pa het altyd gesê: ‘Sprei jou vlerke my kind’, en sy woorde is my motivering om aan te hou en om hoër hoogtes te bereik. Kliënte is vir my terapeuties en ek hanteer elke kliënt asof hulle my enigste is. Ek glo wanneer mense hier uitstap moet hulle tevrede wees en ‘n breë glimlag op hul gesigte hê. ‘n Mens moet trots hê in jou werk, en dit is presies hoe ek voel oor die werk wat ek doen. Dit is my passie en ek geniet elke oomblik daarvan,” sê Surika.

 

Nichola Kotze (regs) sê dit is belangrik om die regte lengte te kies vir jou naels. Hier is sy besig om Maretha Swanepoel se naels te doen en daarna gaan sy vir haar 'n voet massering gee en haar toonnaels ook doen.
Nichola Kotze (regs) sê dit is belangrik om die regte lengte te kies vir jou naels. Hier is sy besig om Maretha Swanepoel se naels te doen en daarna gaan sy vir haar ‘n voet massering gee en haar toonnaels ook doen.
Nichola Kotze is besig om Maretha Swanepoel se oë hare te wax.
Nichola Kotze is besig om Maretha Swanepoel se oë hare te wax.

Sy voeg by dat ‘n makeover die ideale manier is om ‘n nuwe jaar te begin want ‘n verandering kan jou heel verfris en soos ‘n nuwe mens laat voel.

“Ons gaan Maretha soos ‘n koninging laat voel. Sy gaan van kroontjie tot toontjie soos ‘n nuwe mens lyk. Ons gaan haar hare sny en kleur asook haar wenkbroue waks en kleur. Daarby gaan ons haar ‘n manikuur en pedikuur gee sowel as lig en natuurlik grimeer,” verduidelik Surika.

Surika Viljoen is besig om strepe in Maretha Swanepoel se hare te sit vir haar nuwe voorkoms.
Surika Viljoen is besig om strepe in Maretha Swanepoel se hare te sit vir haar nuwe voorkoms.

Na haar voorkomsverandering kon Maretha self byna nie die reuse verskil glo nie en het sy beide soos ‘n nuwe mens gelyk én gevoel.

Surika Viljoen (links) en Nichola Kotze (regs) sê daar is niks meer bevredigend as 'n klant wie gelukkig is met  hoe hul lyk as hul by die salon uitstap nie. Die twee vroue van Surika Haarsalon het vir Maretha Swanepoel 'n totale voorkoms-verandering laat ondergaan.
Surika Viljoen (links) en Nichola Kotze (regs) sê daar is niks meer bevredigend as ‘n klant wie gelukkig is met hoe hul lyk as hul by die salon uitstap nie. Die twee vroue van Surika Haarsalon het vir Maretha Swanepoel ‘n totale voorkoms-verandering laat ondergaan.

“Ek kon my oë nie glo nie! Ek voel soos ‘n nuwe mens, heeltemal ‘ge-revamp’. Van begin tot einde was Surika en Nichola baie vriendelik en professioneel. Hulle het ‘n uitstekende werk gedoen en oral waar ek gaan kry ek komplimente oor my voorkoms. Mense erken my skaars, my kollegas veral was stomgeslaan toe hulle my vir die eerste keer gesien het,” vertel Maretha met ‘n breë glimlag.

Surika Haarsalon is geleë op die hoek van Morris- en Garystraat, Bendor, en is Maandae tot Saterdae oop. Vir meer inligting, besoek hulle Facebookblad, Surika Haarsalon Polokwane, of skakel hulle by 079 435 9193.

cheryllee@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button