Local NewsNewsUpdate

André Horn begrafnisreëlings

André Horn, ‘n geliefde inwoner en bekende gesig op die Ovaal-baan het Vrydagoggend, 13 Januarie sy stryd teen kanker verloor.

André Horn se begrafnis sal Donderdag 19 Januarie om 11:00 vanuit die Agapé Kerk oorkant Retsini Kwekery gehou word.

 


 

POLOKWANE -Sy vriende, familie en kennisse was geskok toe hulle in 2015 uitvind dat hy met pankreaskanker, ‘n baie aggressiewe kanker, gediagnoseer is.

Destyds het hy vertel dat sy probleme vroeg in Januarie 2015 begin het toe hy maagpyn gehad het wat nie wou weggaan nie.  Hy was by twee verskillende dokters wie albei vir hom medikasie voorgeskryf het, maar die pyn wou net nie weggaan nie.

Kort daarna het hy en sy destydse verloofde, nou vrou, Sue-Mari, in Thailand gaan vakansie hou. Daar is hy in kennis gestel dat hy met sy terugkeer na Suid-Afrika na die Kloof Hospitaal moet gaan. Hy kon eers in Julie ‘n afspraak kry. Tydens dié afspraak het hy twee kameras gesluk, maar steeds kon die dokters niks sien nie.

Hulle het ‘n tomografieskandeering gedoen en dis hier waar die dokters die klein wit kolle op sy pankreas gesien het, asook ‘n verdunde aar wat die bloed na die lewer vervoer. Na die bevindings het hy ‘n biopsie ondergaan.

In Augustus 2015 is André in die hospitaal opgeneem om geopereer te word, maar die dokters kon nie die gewasse verwyder nie  omdat die risiko daarvan te groot was. Chemoterapie, asook biopsies is aanbeveel.

Hy het steeds baie pyn verduur en moes vier-uurliks pynpille neem.

Hy het op 5 Februarie 2016 weer ‘n operasie ondergaan waar hy ‘n inplanting (port) ontrvang het om die chemoterapiebehandeling makliker te maak. Hy het ook ‘n gastroskopie ondergaan aangesien hy baie pyn in sy buik ervaar het.

Tydens die gastroskopie is daar gevind dat hy gastrofie (‘n tipe derminfeksie) het. Die chemoterapie maak die are bros en die inplanting sou die pyn verminder. Dokters het die familie ingelig dat daar swelling in sy buik area is wat moontlik kan veroorsak dat daar druk op sy organe is. Omdat André erger abdominale pyn ervaar het, het dit sy bloeddruk opgejaag.

Die laaste paar weke was moeilik vir André en hy was baie siek. Hy is net voor 04:00 Vrydagoggend oorlede.

Sy vriende onthou hom as ‘n goeie mens met ‘n hart van goud.

“Ons was vriende as gevolg van sy werk met insleepdienste en het baie saam gewerk. EK weet hy het soms mense gehelp met skoolfondse as hulle dit nie kon bekostig nie. Hy was ‘n baie goeie mens, ” vertel Jaco van Zyl.

Stefan Weideman: “André was altyd positief oor alles wat hy aangepak het, of dit werk, speel, of sy liefde vir Sue-Mari was. Selfs met die stryd teen kanker was hy altyd positief tot op die einde.  Hy was ‘n presiese mens, altyd netjies en stiptelik. Hy het  ‘n “sparkle” in Sue-Mari se oog gebring en ‘n mens kon sien André het  haar laat borrel.  “Enjoy the ride in heaven Mr  Attitude……”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button