Bosveld NewsNews

HPP slimkop wil dokter word

Top punte vir top leerders: Gaby Nel, 2016 se hoofmeisie van Hoërskool Piet Potgieter

“Ek het glad nie verwag ek gaan soveel onderskeidings kry nie. Vir my was wetenskap een van die moeilikste vraestelle en ek het nog nooit ‘n onderskeiding daarvoor gekry nie. My mentor deur die jaar was my juffrou, Erndina Viljoen. Sy het vroegoggend al voor in die klas gestaan en baie moeite gedoen. Ek gaan vanjaar in die Kaap medies studeer en sal graag oor tien jaar ‘n dokter wil wees met ‘n eie praktyk. My familie, veral my ma, was in trane toe ek die dag my sertifikaat gaan haal het.

Ek het ook ‘n groot liefde vir sport. Dit het gesorg dat ek ‘n goeie balans handhaaf en goed presteer. Ek gaan my vriende mis.”

Gaby Nel, 2016 se hoofmeisie van Hoërskool Piet Potgieter

Related Articles

Back to top button