Bosveld NewsNews

Ses A’s vir HPP se Eduard

Top punte vir top leerders: Eduard Barnard van Hoërskool Piet Potgieter, ses onderskeidings.

“Daar was ‘n hele paar moeilike vraestelle tydens die eindeksamen, maar die heel ergste vir my was die tale vraestelle. Ek is nie so goed in tale nie en verkies eerder iets meer ingewikkeld. Erndina Viljoen was my mentor.Sy het dit makliker gemaak. Ek gaan chemiese ingenieurswese in Pretoria studeer. Ek glo universiteit gaan lekker wees omdat nuwe ervarings wag. Ek gaan nou dit leer waarin ek belangstel en sien baie daarna uit. Ek hou van skryf en teken so op die kantlyn en ek sal ook nog eendag aandag aan die skryf van rekenaarprogramme wil gee. My ouers is so trots. My ma het amper deur die dak gespring toe sy van my punte hoor. Ek wil graag oor 10 jaar gevestig wees met ‘n huis en moontlik ‘n werk oorsee. Skool was nog maklik, maar nou lê die grootmenswêreld voor.”

Eduard Barnard van Hoërskool Piet Potgieter, ses onderskeidings.

Related Articles

Back to top button