Local NewsNews

Oom Thys sorg op sy oudag steeds vir kinders

Oom Thys Kritzinger (87) laat nie toe dat ouderdom en ander kwale in sy pad staan nie en doen steeds sy beste om sy gemeenskap by te staan.

POLOKWANE – Oom Thys bly by sy dogter, Sandra Jansen van Rensburg by Ngwana Babahuis. Hier maak hy elke Woensdagoggend vir die kinnders hawermout pap en sorg hy dat daar altyd vars vrugte en ‘n stukkie droë wors beskikbaar is vir hulle.

“Hier is 13 kinders en my pa maak elke Woensdag vir hulle pap. Verlede jaar, toe ons kok op vakansie gaan, het hy ingespring en middagetes vir die kinders voorberei,” vertel Sandra.

Wat dit soveel meer besonders maak is die feit dat Oom Thys in 2014 ‘n beroerte gehad het.

Hy was vir 42 jaar in diens van die Spoorweg voor hy afgetree het, waarna hy himself in sy tuin besig gehou het. Hy vertel da thy en sy vrou graag vrugte ingelê het.

Tans hou hy ook ‘n ogie oor die tuin by die Babahuis en trek hy onkruit uit. Hy maak ook nog ontbyt vir hom en Sandra en vertel dat hy so sal aanhou vir solank as wat hy kan.

“Ek wil my storie vertel om aan ander te wys dat ‘n mens nie hoef te gaan lê na ‘n beroerte of ander slegte dinge nie. Ek kan nie die kinders optel nie, maar ek kan hulle bederf met vrugtehappies en droë wors,” vertel Oom Thys.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button