NewsSchools

Blink toekoms wink vir Jarno

Jan Arnoldus Brits, beter bekend as Jarno aan sy vriende en familie, is 'n nederige jong uitblinker wat verlede jaar sy skoolloopbaan by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé voltooi het

POLOKWANE – Hy is van plan om vanjaar BE Elektronies aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus te studeer na aanleiding van sy passie en gunsteling vakke, wiskunde en natuurlike wetenskap.

“Dié vakke is vir my besonder lekker omdat ek dit geniet om probleme op te los. Deur my skooljare het ek ‘n gesonde balans tussen sosiale-, akademiese-, sport- en kulturelevlakke gehandhaaf en dit het my geleer hoe om te prioritiseer sodat ek steeds genoeg tyd aan elke aktiwiteit kon spandeer en die meeste uit my skoolloopbaan put,” vertel hy.

Hy het wel in sy gr. 12-jaar van sy buitemuurseaktiwiteite afgeskaal en het slegs as skeidsregter aan rugby deelgeneem sodat hy meer tyd aan sy akademie kon spandeer.

“Ek glo dit is belangrik om aan buitemuurseaktiwiteite deel te neem. Dit skep ‘n gesonde lewe en ek het gevind dat gesonde ontspanning my gehelp het om beter te kon studeer.

“Daarby het ek ‘n wonderlike ondersteuningsisteem in plek gehad wat my ouers, onderwysers en vriende ingesluit het.

“My Bybel en my geloof het my gelei om die regte keuses te maak,” verduidelik hy.

Jarno was betrokke by gemeenskapsdiens soos om, onder andere, bejaardes in die stad met herstelwerk by te staan. Hy was ook nou betrokke by Muurprop Tienerbediening as jeugleier en het jonger leerders met hul skoolwerk gehelp.

“Om te gee sonder om iets terug te ontvang maak van my ‘n ryker mens,” vertel Jan Arnoldus Brits met ‘n breë glimlag.

Sy vyfjaarplan sluit in om ‘n loopbaan as elektroniese ingenieur te bou.

Jarno het ses onderskeidings behaal en het die prys ontvang vir beste prestasie in elektriese tegnologie in Limpopo.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button