Local NewsNews

Bernadine, nou in God se blomtuin

Vriende en familie van Bernadine du Preez treur na haar afsterwe op 20 Desember. Bernadine is drie jaar gelede met servikalekanker gediagnoseer waarna sy behandeling ondergaan het.

POLOWKANE – Vriende en familie van Bernadine du Preez treur na haar afsterwe op 20 Desember. Bernadine is drie jaar gelede met servikalekanker gediagnoseer waarna sy behandeling ondergaan het. Lesers het haar leer ken toe Review besluit het om vir haar en Gert, haar man, hul droomtroue te reel. Die troue het plaasgevind op 30 Augustus en al was Bernadine ten tye van die troue skoon van kanker, is kanker bietjie meer as ‘n jaar later weer by haar gediagnoseer. Die keer het dit versprei na haar buikarea, lewer, longe en nek.

In November verlede jaar is sy opgeneem in die hospital met ‘n bloedklont in haar long. Sy is later ontslaan, maar is middel Desember terug hospitaal toe waartydens longinfeksie as gevolg van die bloedklont gediagnoseer is.

Op 20 Desember het sy die stryd verloor en haar vriende en familie het haar op 28 Desember begrawe.

Haar geliefdes onthou haar as volg:

Marcia Hugo: “My liewe sus, nou kan jy rus. Weg is al die pyn en leiding vir ons nie n goeie tyding. Ek sal jou altyd mis, mag jy in vrede Rus.”

Madelein Lombard: “Hartseer daggie om laaste keer ooit saam jou te kon wees. Dude ek gaan jou ontsaglik baie mis. Ek is super blessed om jou maaikie te kon wees. Lief vir jou Blom.” (sic)

Bernadette van Niekerk: “Jy was een van die beste mense wat ek ooit die eer gehad het om te ken. Jy was ongelooflik sterk, altyd vriendelik en dit was vir my ‘n voorreg om jou my vriendin te kon noem! Rus sag by Jesus se voete Blom… die is nie totsiens nie, die is net ‘tot ons jou weer sien’!” (sic)

Mariza Pelser: “Ek gaan nog ‘n Awsome getuienis he oor hoe die Here my genees het! ” Jou laaste boodskap aan my Blommie , jyt nie verloor nie. Ek GLO jyt gewen, jyt soveel mense se lewens geraak en vol vreugde gemaak, Jys verseker ‘n Engel wat vandag kan af kyk en smile oor jou nalatenskap. Xxxx” (sic)

Sane Meyer: “Ek het so bietjie meer as twee jaar terug die voorreg gehad om Bernadine en Gert se troue te kon afneem as n geskenk. Met groot skok het ek vanoggend verneem dat sy haar stryd teen kanker verloor het. Haar stem is stil, haar plek is leeg, en mag sy vir ewig in almal se harte voort leef. Baie sterkte aan Gert en al haar familie en vriende in hierdie hartseer tyd. Mag die familie vertroosting vind in Jesus se woorde dat juis “kinders na Hom moet kom”. Ek dink aan julle!!” (sic)

Louise Janse van Rensburg: “Blommie .. my niggie .. ek gaan jou so vreeslik baie mis .. Rus in vrede blom .. waar jy nou is sal jy nie met een van ons plekke wil ruil nie .. Liewe Jesus het jou ons ou blommie kom haal om in sy tuin te gaan blom ..”

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button