Bosveld NewsLocal NewsNews

Pieter Smith skielik dood na operasie

‘n Geliefde inwoner van Mokopane, Pieter Smith, is verlede Vrydag in die Midstream Medikliniek in Centurion oorlede.

Smith (49) ‘n ouditeur wat by Cash Built werksaam was, het ‘n terugslag gehad na ‘n onlangse breukoperasie en is vermoedelik dood weens ‘n bloedklont deur sy hart. Hy was vir lank nou betrokke by die Potties Stoeiklub as afrigter, beampte en tesourier. Hy was ook lid van die uitvoerende bestuur van die Suid Afrikaanse Stoeifederasie. Smith was ‘n bekende in skaakkringe en het getrou hand bygesit met afrigting.
‘n Goeie vriend van hom, Bertus Oosthuizen, het aan Bosveld gesê Smith was een van daardie mense by wie jy enige tyd kon aanklop vir hulp of raad. Hy sal onthou word vir sy integriteit, betroubaarheid, eerlikheid en goeie geheue.
Hy laat sy vrou, Caroline en twee seuns Charles en Carlo, agter. ‘n Roudiens was op Donderdag in die NG Kerk Potgietersrust Gemeente (ou Moedergemeente) vir hom gehou.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button