Bosveld NewsLocal NewsNews

Plaasaanvalle styg

Plaasanvalle neem steeds toe as ‘n mens na die jongste statistieke kyk wat onlangs deur die burgerorganisasie AfriForum en TLU SA bekend gemaak is.

Vanjaar was daar 334 plaasaanvalle en 64 moorde gepleeg teenoor die 279 aanvalle en 64 moorde van verlede jaar.
Van Julie tot November was daar 141 aanvalle en 18 sterftes aangeteken. Die meeste aanvalle was in Gauteng (37), gevolg deur die Vrystaat (32), Noordwes (18), Mpumalanga (17) en Limpopo (16).
Van 1990 tot 2016 was daar in totaal 4079 plaasaanvalle en 1849 moorde. Van die 1 849 moorde was 1 187 van die slagoffers boere, 491 direkte familie van die boere, 147 werkers en 24 besoekers.
Ockert Scherman, voorsitter van die Potgietersrus Distriklandbou-unie, glo die hoofrede vir die toename in plaasaanvalle is werkloosheid.
“Die booswigte roof vir oorlewing. Sake loop dan skeef en op die ou end word daar gemoor.”
Scherman wens die boere ‘n Geseënde Christusfees toe en sê landbouers moet nooit hulle geloof in die Here verloor nie. Hy vertrou dat 2017 vir almal voorspoed sal inhou.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button