Local NewsNewsUpdate

Fanie sê dankie met ‘n stuk sjokoladekoek en ‘n glimlag

Fanie Mallet is 'n hawelose man waaroor Review onlangs berig het nadat hy, op die hoek waar hy bedel, sy hemp en baadjie uitgetrek het om mense wat in 'n motorongeluk betrokke was, te help.

POLOKWANE – Vir die afgelope jaar maak Mallet ‘n lewe deur motoriste naby ‘n groot winkelsentrum vir geld en kos te vra – hoofsaaklik om sy verblyf van R100 ‘n dag te betaal, asook kos vir sy hond.

Mallet het sedert die ongeluk en sy verskyning in die koerant, selfs meer hulp ontvang van mense wat daagliks by hom verbyry.

Die dae op die straat is nie altyd maklik nie.

“Daar is party dae minder mense wat my vloek en sleg sê en daar was al ‘n dag of twee wat ek my kamer vooruit kon betaal.

“Ek wil net graag aan almal baie, baie dankie sê wat my ondersteun en help om ook ‘n dak oor my kop te kan hê,” vertel Mallet.

Om Review te bedank vir die artikel en hulp wat hy ontvang het na die berig verskyn het, het Mallet ‘n sjokoladekoek gekoop vir die koerant se personeel.

Fanie Mallet oorhandig 'n koek aan joernalis, Riana Joubert, om die personeel van Review te bedank vir die hulp wat hy ontvang het na 'n onlangse berig in dié koerant verskyn het.
Fanie Mallet oorhandig ‘n koek aan joernalis, Riana Joubert, om die personeel van Review te bedank vir die hulp wat hy ontvang het na ‘n onlangse berig in dié koerant verskyn het.

“Ek sal graag wil sien of daar nie eendag ook ‘n spesiale dag gehou kan word waar mense van verskillende plekke in die stad bymekaar kom en op ‘n straat hoek gaan staan om te sien hoe moeilik dit is.

Ek dink dit sal mense insig gee oor die lewe van diegene wat dit moét doen om aan die lewe te bly. Die geld kan dan geskenk word aan ‘n organisasie,” vertel Mallet.

Hy het sowat ‘n jaar gelede alles wat hy besit verloor en kan nog nie werk kry nie.

Hy het al sy sekuriteitsgrade en ondervinding maar kry nie ‘n vaste werk nie.

Fanie sê dankie:

 

riana@nmgroup.co.zo

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button