Local sportSport

Noordelikes vereer spelers vir harde werk

Die afgelope jaar was vol uitdagings en haakplekke vir Goldwagen Noordelikes Rugby Klub, maar hulle het baie geleer, volgens Klubvoorsitter, Shaun van der Merwe.

POLOKWANE – “Ons het baie doelwitte gestel vir 2017 en vanaand vier ons die 2016 seisoen,” vertel hy by die jaareindfunksie.

Die funksie is gehou by Qwin Qwa Rula Lodge met MarulaBoom wat opgetree het as gaskunstenaar.

Hoofarigter, Freek Romijn, het die bestuur, spelers en afrigters toegespreek.

“Alles begin met ‘n droom. Rugby is ‘n genadelose sport. As jy wen kan niks beskryf hoe dit voel nie en as jy verloor, kan niks beskryf hoe dit voel nie. Ons het in vier finales gespeel. Die eerste span in twee, en die tweede en derde spanne elk in een. Ek haal my hoed af vir die spelers. Die moeilikste vir ‘n afrigter is om vir ‘n speler te sê wat hy nie wil hoor nie. Nie een afrigter stuur ‘n span op die veld met die idee om te verloor nie. Ons werk daaraan om ‘n semi-professionele klub te word waar spelers betaal word om te speel. Ons werk met gewone mense wat speel vir die liefde van die saak.”

Die volgende pryse is uitgedeel:

• Liga Wenners: Die derde span.

• Ondersteuner van die jaar: Hannes en Marie van Niekerk

• Spanbestuurder/administrateur: Allie Oosthuizen

• Skeidsregter van die jaar: Sakkie Meyer

• Drie Drukker van die jaar: Wouter de Villiers

• Puntemaker van die Jaar: Zander Byleveld

• Mees toegewyde speler: Jaco van Heerden

• Beste vordering: Ruan Bakkes

• Beste Jongman: Brandon Lehman

• Beste Ouman: Tienie Janse van Rensburg

• Dropper van die jaar: Wallies Kubanek

• 7’s speler van die jaar: Godknows Mavara

• o/21 speler van die jaar: Sias vanWyk

• Derde span speler van die jaar: Dennis Needham

• Tweede span speler van die jaar: Eugene van Tonder

• Eerste span speler van die jaar: Shane Minnie

• Span van die jaar: Derde span

• Voorspeler van die jaar: Malope Lupe Masemola (Tiny)

• Agter speler van die jaar: Wouter de Villiers

• Junior speler van die jaar: JG Swanevelder

• Senior speler van die jaar: JP Swarts

• Klubman van die jaar: Ricardo Varela

• Spelers speler van die jaar: Duncan van der Walt

• Sportsman van die jaar: Theyman Jongbloed.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button