Local NewsNewsSchools

Dié susters stap saam in behoeftiges se skoene

Min mense verstaan die nood van behoeftige kinders so goed soos Chantel Wilhelm en Lynette van Alleman.

POLOKWANE – Lynette vertel dat dit nie is omdat sy en haar suster self sukkel nie maar juis omdat hulle self ma’s is.

Beide ouers het leerders in Laerskool Pietersburg en dit was juis die goue draad wat deur hul storie span om hulp aan behoeftige kinders te verleen.

“Ons het die nood gesien en omtrent vyf jaar gelede besluit om ‘n skoenboksprojek te loods vir die PLS Ystertjies,” vertel Lynette.

Die skoenbokse wat by die skool gegee word het buiten vir ‘n speelding ook iets vir die kinders in wat hulle in die skool kan gebruik, en een of ander kledingstuk.

Sy vertel dat sy en haar suster eendag gesit en gesels het en sommer so vinnig-vinnig is daar besluit om die skoenboksprojek van stapel te stuur.

“Die eerste jaar was bietjie rondskarrel om nog mense betrokke te kan kry maar vyf jaar later is daar meer as 60 skoenbokse binne ‘n dag volgemaak. Die mense bel ons eintlik om te hoor wanneer hulle kan begin,” sê sy.

Chantel vertel dat sy mense graag wil aanspoor om ook in soortgelyke projekte betrokke te raak.

“Mense dink altyd dat hulle nie baie geld het nie en dat hulle nie regtig ‘n verskil kan maak nie.

“Jy kan die grootste verskil in die lewe van ‘n arm of behoeftige kind se lewe maak deur net iets kleins te skenk,” vertel sy.

Hulle sê die projek iets is waaraan hul eie kinders self ook deelneem en net so opgewonde oor is om elke jaar hul eie bokse op te maak.

“Om die blydskap in van die kinders se oë te kan sien en te besef dat hierdie dalk die enigste geskenk is wat hulle vir Kersfees gaan ontvang, is ongelooflik.”

Hulle wil mense in die stad uitnooi om ook deel te word van projekte om ander te kan help, veral kinders in nood.

“Daar is nou wel hulp vir van die kinders, maar die probleem kom in wanneer daar meer kinders by die huis is en almal dus nie bokse kry nie.

“Ons sal graag wil sien dat hulle almal gehelp word,” vertel die susters.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button