Local NewsNews

‘English High Tea’ at Eeufeeshuis

Melville Botha van Sent2Serve Ministries het soos gewoonlik 'n heerlike jaarafsluiting vir die inwoners van die Eeufeeshuis gehou op Vrydag, 18 November.

POLOKWANE – “Ons hou elke jaar ‘n funksie en het hierdie jaar besluit om ‘n ‘English High Tea’ te hou. Die inwoners  het lekker gesmul aan high tea eetgoed, die mans het gepronk in hulle bolkuil hoede en die vrouens was opgetooi in krale en vere.”

Sent2Serve Ministries besoek Eeufeeshuis elke Vrydag waar Melville en vrouens van verskillende gemeentes die inwoners en dagbesoekers bedien met die Woord.

“Die borge het gehelp om die dag baie spesiaal te maak, ‘n spesial dank aan BB Auto, AGS Taberna Dei, Garden Court Hotel, Oasis en die individue wat gesorg het dat die inwoners heerlik kon kuier en smul.”

Johnny Graham, Die Assosiasie vir Persone met Gestremdhede (APD), se Fondsinsamelaar en Bewusmakings Offisier, vertel dat die inwoners die dag baie geniet het.

“Die mense het heerlik gelag, gesmul en saam met Melville en die ander mense gekuier.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button