School sportSport

Noordskool maak reg vir trollieresies

Leerders van Laerskool Pietersburg-Noord slyp hul tande vir die jaarlikse trollieresies wat op Vrydag, 11 November by die skool gehou gaan word.

POLOKWANE – Die trollieresies dien as ‘n fondsinsamelingsprojek vir opknapwerk aan die skool se sportvelde.
Groot pryse is op die spel en leerders is reeds fluks besig om borge te kry vir die dag. Elke leerder het ‘n borgvorm: hulle word geborg vir elke rondte wat hulle hardloop en voltooi. Al die klasse word in vier spanne gedeel, die spanne hardloop vir 30 minute om te sien hoeveel rondtes hulle voltooi.
Volgens Noordskoolhoof Attie Visagie is die dag groot pret en leerders kan nie wag vir dié jaar se trollieresies nie.
riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button