Bosveld SportSport

Gholfsukses vir DLU

144 spelers het kragte gemeet op die Kameeldoring Gholfbaan tydens die jaarlikse Potgietersrus DLU Gholfdag laas Donderdag.

MOKOPANE – Die dag wat onder die tema: ‘Eaten Today, Thank the Farmer’ aangebied is, het om 11:30 afgeslaan en die spanne bestaande uit vier spelers elk het behoorlik vir die kans om met die gesogte pryse weg te stap, meegeding.

Die prysuitdeling het met ‘n gelukstrekking begin, wat geloods is om fondse vir ‘n tweede noodvoertuig in te samel.

Die wenners van die trekking is René Pretorius (Boor van 150 m boorgat), Hendrik de Swardt (2000 liter JOJO tenk) en Stefan Storm (Drukpomp vir huishoudelike gebruik).

Na ‘n strawwe kompetisie het Bennett van der Gryp, Antony Hawken, Freddie van Wyk en Spencer Claasen as wenners uit die stryd getree. Frikkie van der Wath, De Wet Kruger, Walkie Kruger en Martin Prinsloo het ‘n tweede plek losgeslaan en Rikus en Christo Oosthuizen, Henk van Emmenes en Lucius van Schalkwyk het ‘n derde plek behaal.

Die volgende spelers het pryse vir naaste aan die pen verwerf: Martin Prinsloo (putjie 3), Pieter van Dyk (putjie 6), Adele Beytell (putjie 8) en Hendrik Malan (putjie 17).

DLU Voorsitter, Ockert Scherman, bedank al die borge en spelers wat die dag ondersteun het.

 

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button