MunicipalNews

Vandalisme van kragboks wek kommer

Inwoners word aangemoedig om sulke gevalle onmiddellik aan die munisipaliteit en polisie te rapporteer.

POLOKWANE – By die Total Motorhawe op die hoek van Bok- en Thabo Mbekistraat is ‘n elektrisiteitsboks wat deur vandale oopgebreek is. Hierdie boks hou ‘n gevaar in vir inwoners.

Munisipale Woordvoerder, Matshidiso Mothapo, sê vanwee die erns van die saak is daar onmiddelik mense gestuur om ondersoek te gaan instel en die boks reg te maak.

“Dit is net weereens ‘n bewys dat die vandale glad nie omgee oor die veiligheid van ander mense nie. Enige iemand kan daaraan raak en geskok word. Nog ‘n gevaar is dat daar water kan inkom wat dan nie net ernstige skade kan veroorsaak nie, maar ook kan lei tot kragverliese. Dit is in ‘n besigheidsarea, so indien daar kragverliese is, kan besigheid dalk stilstaan.”

Hy moedig inwoners aan om sulke gevalle onmiddellik aan die munisipaliteit en polisie te rapporteer.

“Ons gaan ook binnekort met ‘n projek begin waarmee ons spesifiek met kwessies van vandalisme, veral elektriese vandalisme, gaan werk. Daar is sekuriteitmaatreëls, wat nie bespreek kan word nie, betrokke. Ons maan intussen egter inwoners aan om nie aan die oop drade te raak nie.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button