Bosveld SportLocal sportSport

Hul swem vir ‘n vale

Die swemmers van Laerskool Krugerpark het verlede week teen Laerskool Garsfontein van Pretoria en Laerskool Warmbad van Bela-Bela in 'n vriendskaplike swemgala meegeding.

MOKOPANE – Die Krugies het gewys hulle het uithouvermoë en ‘n wengees. Die harde oefening in die water regdeur die jaar werp goeie vrugte af en het gesorg vir talle wenplekke op die podium. Laerskool Krugerpark se swemorganiseerder, Ansie Glover, bedank al die skool se swemouers en tydhouers vir hulle moeite en ondersteuning, asook as hulle borge.

Die volgende vriendskaplike swemgala word op 13 Oktober gehou en daar sal dan teen Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Tzaneen en Laerskool Warmbad geswem word.

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button