Bosveld NewsNews

Moenie Bosveld se rooitapyt misloop nie

MOKOPANE – Is jy Mokopane se Marilyn Monroe, Aubrey Hepburn of Julia Roberts? Indien nie, kan jy kies tussen ‘n magdom ander rolprentikone of karakters uit ‘n film van jou keuse wanneer jy op 22 Oktober op Bosveld se rooi tapyt kom stap. Die bal is aan die rol en oor drie weke gaan meer …

MOKOPANE – Is jy Mokopane se Marilyn Monroe, Aubrey Hepburn of Julia Roberts?

Indien nie, kan jy kies tussen ‘n magdom ander rolprentikone of karakters uit ‘n film van jou keuse wanneer jy op 22 Oktober op Bosveld se rooi tapyt kom stap.

Die bal is aan die rol en oor drie weke gaan meer as 200 vroue bymekaar kom vir ‘n oggend se pret en top vermaak by die Park Hotel. Idees vir temas, tafelversierings en uitrusting word tans kwistig uitgeruil tussen die gasvrouens en hulle gaste wie gereed maak om op Bosveld se rooi tapyt te kom stap en saam te kuier.

Ook hier by ons kantoor sit ons koppe bymekaar om die laaste reëlings en planne bymekaar te trek, nie net vir ‘n oggend se top vermaak en pret nie, maar ons klets ook hoe om ons eie tafels te versier en wat aangetrek gaan word om te pas by die tema.

Die seremoniemeester is die musikant en akteur Francois Viljoen en Francois Louw is ‘n bekende voorkomskonsultant wie twee vroue uit die gehoor gaan mooimaak. Die skrywer Sophia Kapp kom vertel van haar boeke voordat modestylis, Hayley Joy haar kennis oor klere vir alle figuurtipes gaan deel. Jogakenner Fatima Bhyatt is gereed om die oggend met ‘n paar handige joga tips af te sluit.

Enkele kaartjies is nog beskikbaar. Die dag se pret kos ‘n skamele R120 per persoon en sluit ligte verversings in. Kontak Ronel Maree by 015 491 2771 of besoek ons kantoor in Van Riebeeckstraat om nie uit te mis nie. Die wins sal na ‘n liefdadigheidorgansisasie gaan wat met ‘n gelukstrekking bepaal gaan word. Bosveld bedank ons hoofborg, Park Hotel en al die ander borge wat gaan sorg vir ‘n onvergeetlike dag.

ARE you Mokopane’s Marilyn Monroe, Aubrey Hepburn, Queen Latifah or Jennifer Lopez? If not, you can step on Bosveld’s red carpet as any other film star or character in a movie of your choice on 22 October.

Ideas for themes, table decorations and dresses are the talk of the town as more than 200 women will attend Bosveld Red Carpet Women’s morning at the Park Hotel. At our office we are busy with the last minute arrangements and we are also discussing plans how to decorate our own tables and what outfits to wear.

Our host for the morning is musician and actor Francois Viljoen. Francois Louw, an image consultant, will choose two women from the audience for a make-over. The romance author, Sophia Kapp will tell us more about herself and her books while fashion stylist, Hayley Joy is ready to share her knowledge. Local yoga expert Fatima Bhyatt will end the morning with handy yoga tips. A lot of prizes are also up for grabs.

A few tickets are still available at R120 per person and it includes light refreshments. Contact Ronel Maree at 015 491 2771 or visit our office at Van Riebeeck Street. This is an unforgettable event not to be missed and remember the proceeds will go to a charity organisation. A big thanks to all our sponsors.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button