EntertainmentLifestyleLocal NewsNews

[FOTO’S] Braai Knights Finaal – Nou gaan ons braai!

Die wenners word vanaand (Vrydag) tydens ‘n gala-aand aangekondig.

POLOKWANE – Na maande se voorbereiding en vingerafle disse, het die tyd Saterdag, op Nasionale Braaidag, aangebreek vir die finaal van die Limpopo Toyota Knights Braaikompetisie.

Die top spanne: HiQ Middestad, Netwerk Makelaars en Bradbury Autobody.

Beoordelaars: Dirk Liebenberg, Christo Hildebrand en Brad Mockford.

Dié kompetisie was hierdie keer strawwer as voorheen, aangesien die braaiers nie vooraf geweet het watter disse hulle sou moes braai nie. Ook het hulle op verskillende tye afgeskop.

Om eerste in die lyn te wees om vleissnitte te kon kies, moes die braaiers verskeie “toetse” deursien. (Lees meer oor die kompetisie in Review Weekend)

Die opbrengs van die kompetisie word deur die Toyota Knights gebruik om bejaardes by Martha Hofmeyer en Vergeet-My-Nie tehuise by te staan, en om ‘n kweekhuis te begin.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button