NewsSchools

Osie onnies wys hul ‘talent’ op die verhoog

Oosskool se onnies en leerders het Vrydag plekke geruil toe hulle ‘n vrolike konsert vir die leerders opgevoer het.

POLOKWANE – Oosskool se personeel het dit goed gedink om vir die leerders ‘n konsert te hou waartydens die nuwe gelukbringer van die skool onthul is.

Sonja Bezuidenhout het verskeie stories vertel, insluitend Rooikappie, Prince Charming, Die drie Tellytubbies, die Drie Pikkewyne en natuurlik Wolf.

Die leerders het geskree en gelag van opgewondenheid. Die oomblik toe Wolf en Rooikappie vir die leerders wys dat “weirdo’s” ook bymekaar kan pas kom ‘n uil op die verhoog ingefladder en stel homself bekend as die skool se nuwe gelukbringer.

Die leerders moet nou vir hom ‘n naam kies en die wenner kan R50 wen.

IMG_0075 (Medium)

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button