Local NewsNews

‘n Huwelik wat tien jaar lank blom

Daar is ‘n gesegde wat lui “Jy het nie altyd ‘n plan nodig nie.

POLOKWANE –  Soms moet jy net asemhaal, vertrou en kyk wat gebeur”. Dít is presies wat Elsa en Kallie de Beer ‘n hele paar jaar gelede gedoen het en vandag is hulle reeds 10 jaar getroud.

Die paartjie ken mekaar reeds van die vroëe 80’er jare af, maar het eers in 1999 ‘n paartjie geword.

“Ons was beide voorheen getroud. Nad ons altwee ‘n geruime tyd alleen was, het ons bymekaar uitgekom,” vertel Elsa.

“Ons wou trou, maar maar kon nie ‘n groot affêre bekostig nie.”

Sy vertel dat ‘n vriendin in die gemeenskap, Cindy Dahms, bewus was van hul finansiële status en het met die hulp van Sarie en Casper van der Spuy, ook vriende van die paartjie, besluit om Elsa en Kallie se droom ‘n realiteit te maak.

“Ons moes net sorg vir ons trou-klere. Daar was 40 gaste en ek weet nie of dit so bedoel was nie, maar beide my ma en Kallie se ma het blou aangehad. Ons is vanuit die N.G. Moedergemeente Pietersburg getroud en die onthaal was by Kings Castle. Alles het perfek afgeloop.”

Kallie vertel dat hulle nie toe ‘n wittebrood gehad het nie, maar dat hulle later opgemaak het daarvoor. “Ons is baie life vir die natuur en gaan kamp gereeld. Ons speel saam gholf en spandeer kwaliteit tyd met mekaar. Ons hou baie van gesels en kuier, dus kyk ons min televisie,” vertel Kallie.

Hulle sê alhoewel die afgelope 10 jaar nie altyd maanskyn en rose was nie, was dit ‘n fees om met mekaar getroud te wees. In 2009 moes die twee vir ‘n jaar in verskillende dorpe woon en het hulle vreeslik na mekaar verlang. Kallie het elke tweede naweek vir Elsa gaan kuier en deur besig te bly het die tyd vir altwee darm vinning verby gegaan.

Die paartjie hou daarvan om legkaarte te bou en in hul lifelike tuin te werk. Elsa bak ook gereeld eetgoed wat sy dan aan almal in hul woonstelkompleks uitdeel.

Die paartjie het nie kinders saam nie, behalwe die drie honde wat duidelik ‘n sagte plek in beide se harte het. Kallie het twee kinders en Elsa vier by uit hul vorige huwelike en saam het die twee 12 kleinkinders.

“Ons vier vandag (23 September), Kallie se ma se 90ste verjaarsdag asook ons huweliksherdenking. Ons is opreg dankbaar aan Cindy, Sarie en Casper wat dit vir ons 10 jaar gelede moontlik gemaak het om te trou.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button