Bosveld SportSport

Spoedvrate sorg vir aksie

Tawwe kompetisie tussen die jaers van Potties, Polokwane en Pretoria het onlangs vir opwindende aksie gesorg op die Ovaalbaan buite Mokopane.

MOKOPANE -Die Ovaalbaan is vanjaar 40 jaar in gebruik en Bosveld Wedrenklub het op 10 September weer as klub begin wedrenne by die baan aanbied.

Die wedrenklub het ook ‘n splinternuwe komitee gekies met Herman Nel as die voorsitter.

Die adrenalien het goed gepomp en na ‘n aand van sweet en opwinding is die wenners in die verskeie klasse met trofeë beloon.

In die 2.1 liter klas het Werner Jacobs met die louere weggestap met Desmond Bosch van Polokwane kort op sy hakke. Potties se Bulla Bekker was die wenner van die Pinto’s met sy spanmaat, Louis Ruytenberg (jnr.) in die tweede plek.

In die 1660’s klas was JJ Fourie van Polokwane eerste oor die wenstreep, gevolg deur Francois Lewis ook van Polokwane en Fred Cooper van Potties.

Die Rookie A-klas se wenner was Adriaan Jordaan met Eliska Ruytenberg tweede.

Juanita Bekker het die Rookie B-klas gewen met Wian Jordaan tweede. Die Stockies is gewen deur Herman Nel met Hennie de Koker van Polokwane tweede en Johan Thiart derde.

Die volgende wedren word op 15 Oktober gehou en almal is welkom.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button